MEER OOR OUMA ROOI KOEKSISTERS
Gerda het die koeksisters “Ouma Rooi Koeksisters” genoem, ter herdenking aan haar ma wat in 2006 oorlede is. Vandag bak Gerda se dogter, Jeanelle en haar man Johann ook vanaf hulle “fabriek*” in die Kaap.
Jeanette van der Westhuizen (née. Viljoen) is gebore in 1923 in die Krugersdorp gebied. As ‘n jong meisie, het sy altyd ‘n rooi strik in haar hare gedra en was sy bekend, onder haar vriende en familie, as “Rooi”. Later jare het sy bekend gestaan as “Tannie Rooi” en nog later “Ouma Rooi”. Ouma Rooi was deel van vele kerkbazaar, mark dae en fondsinsamelings met haar heerlike koeksisters en het vinnig bekend geraak vir haar koeksisters, waar sy ookal gegaan het. Sy het die resep veilig bewaar en later haar dogter, Gerda, geleer koeksisters bak. Hulle het saam gebak sedert 1985 in Ermelo, Mpumalanga. Ouma Rooi Koeksisters verskaf inkomste aan meer as 55 families, deur die indiensneming van meestal vroue werkers. Ons het tans die vermoë om daagliks meer as 3800 dosyn vars koeksisters te bak. Om vir iemand ‘n pakkie Ouma Rooi Koeksisters te gee, is soos om vir iemand ‘n stywe verwelkomende handdruk te gee, ‘n groot gerusstellende drukkie, ‘n klop op die skouer van gelukwensing met ‘n welgedane taak of ‘n uitnodiging om by jou ouma se kombuistafel aan te sit en te ontspan. *Ons noem dit ‘n fabriek, maar dit is net ‘n groot kombuis, waar klein baksels steeds met die hand gemaak, met die hand gemeng en met die hand gevleg word. |
|