Oom Pypies was meer bekend vir sy romerige roereier, maar nie omdat dit gewild onder die kinders was nie. Sy pannekoek aan die ander kant word gereeld gemaak. In sommige lande eet mense net pannekoek op sekere dae van die week. In ons familie maak ons dit net as dit reën en ek stel voor jy vermenigvuldig die resep want daar is niks so lekker soos 'n koue pannekoek, die volgende dag nie.
Jy benodig: 4 XL/Jumbo eiers 3k Water (750ml) 2k Koekmeel 2t Bakpoeier 1t Sout 25ml Brandewyn/Suurlemoensap 100ml Sonneblom Olie Kaneelsuiker: (5ml Kaneel / Koppie Suiker) Meng alles goed saam. Spuit pan met "Spray&Cook". Wanneer die pan warm is, gooi ongeveer 'so 150ml-200ml van die deeg in en versprei eweredig oor die bodem tot gaar aan die een kant (Die randjie sal begin oplig as dit gaar word). Draai om en bak vir nog so 10 tellings, verwyder van die hitte en sit in 'n groter bak en sprinkel met kaneelsuiker (of vul met 'n gunsteling witsous met spek en kaas). Vir 'n nagereg kan jy bietjie Kakao in die deeg sit en die pannekoek met roomys vul. Resep Krediet: Oom Pypies Louw. Die romerige(sagte) roereier het ons as kinders uitge-gross, maar jou pannekoek is 'n wenner. ;-)
2 Comments
Jy benodig: – 2 Eetlepels Botter – 1 Koppie Suiker – 2 Eiers – 1 opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt – 1 Teelepel koeksoda (Bicarb) – ½ Koppie melk – 1 Teelepel asyn – 1 & ¼ Koppie meel – ‘n Knippie sout Nou maak jy so: – Klits die eiers, suiker, botter en appelkooskonfyt saam. – Klits nou die res van die bestanddele by. – Bak in die oond teen 180 grade celcius vir 20 – 35 minute. (Hou die poeding dop. Hy raak vining bruin maar is nie noodwendig gaar nie.) Terwyl die beslag bak, maak die sous: Jy benodig: – 1 & ½ Koppie melk – ¾ Koppie suiker – 1/2 Koppie botter Nou maak jy so: – Kook al die bestanddele in ‘n kastrol. – Sodra die Malva-poeding uit die oond kom, steek gate in met ‘n vurk en gooi die warm sous oor. Laat staan tot al die sous ingetrek het. Resep Krediet: Daniëlle Terblanche van Deli-icious Catering. Soet broskors:
Wenk: Om blind te bak: voer die deegdoppe met verfrommelde waspapier uit en vul met droë bone. Bak vir 10 minute, lig papier uit, en bak vir verdere 5-10 minute totdat bodem van die dop mooi bruin is. Dit verseker dat die deeg nie onegalig uitpof nie en dat dit sy vorm behou. Melktertvulsel:
Resep krediet: boerekos.com |