Ouma Rooi Koeksisters - Tradisioneel Suid Afrikaans
  • Tuisblad
  • Vind dit hier!
  • Blog
  • Resepte
  • Meer oor ons
  • Kontak ons
    • Vrae & Antwoorde
    • Verspreiding
  • English

Ouma Rooi Gekeurde Resepte

Daar is miljoene resepte op die internet en in boeke beskikbaar. Die meeste daarvan is sekerlik eetbaar.
Maar min resepte is werklik die sout werd (letterlik en figuurlik).
​Ouma Rooi kén van bak en kos maak. As ons 'n resep keur, kan jy dit gerus probeer. 
Picture

(Oom Pypies se) PANNEKOEK

7/8/2022

2 Comments

 
Picture
Oom Pypies was meer bekend vir sy romerige roereier, maar nie omdat dit gewild onder die kinders was nie. Sy pannekoek aan die ander kant word gereeld gemaak. In sommige lande eet mense net pannekoek op sekere dae van die week. In ons familie maak ons dit net as dit reën en ek stel voor jy vermenigvuldig die resep want daar is niks so lekker soos 'n koue pannekoek, die volgende dag nie.

Jy benodig:
4 XL/Jumbo eiers
3k Water (750ml)
2k Koekmeel
2t Bakpoeier
1t Sout
25ml Brandewyn/Suurlemoensap
100ml Sonneblom Olie 
Kaneelsuiker: (5ml Kaneel / Koppie Suiker)

Meng alles goed saam. Spuit pan met "Spray&Cook". Wanneer die pan warm is, gooi ongeveer 'so 150ml-200ml van die deeg in en versprei eweredig oor die bodem tot gaar aan die een kant (Die randjie sal begin oplig as dit gaar word). Draai om en bak vir nog so 10 tellings, verwyder van die hitte en sit in 'n groter bak en sprinkel met kaneelsuiker (of vul met 'n gunsteling witsous met spek en kaas).

Vir 'n nagereg kan jy bietjie Kakao in die deeg sit en die pannekoek met roomys vul.

Resep Krediet: Oom Pypies Louw. Die romerige(sagte) roereier het ons as kinders uitge-gross, maar jou pannekoek is 'n wenner. ;-)
2 Comments
Johann
7/20/2022 11:29:23

Altyd Heerlik !

Reply
Susan-Katryn
8/21/2022 14:39:03

Gerda dankie, dit klink na ń wenner. Ek het die aller lekkerste karamelsous wat ek graag maak en saam met dit bedien..sal dit met jou deel. Dit was tot nou my "geheime" resep maar ek dink dis tyd dat ander in die lekkerte deel. Met die sous skep ek ń lepel room.ook oor, dan is dit sommer nagereg ook. ❤️

Reply



Leave a Reply.

    Kategorie

    All
    Poeding
    Terte

Proudly powered by Weebly
Photo used under Creative Commons from mrpbps
  • Tuisblad
  • Vind dit hier!
  • Blog
  • Resepte
  • Meer oor ons
  • Kontak ons
    • Vrae & Antwoorde
    • Verspreiding
  • English