Jy benodig: – 2 Eetlepels Botter – 1 Koppie Suiker – 2 Eiers – 1 opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt – 1 Teelepel koeksoda (Bicarb) – ½ Koppie melk – 1 Teelepel asyn – 1 & ¼ Koppie meel – ‘n Knippie sout Nou maak jy so: – Klits die eiers, suiker, botter en appelkooskonfyt saam. – Klits nou die res van die bestanddele by. – Bak in die oond teen 180 grade celcius vir 20 – 35 minute. (Hou die poeding dop. Hy raak vining bruin maar is nie noodwendig gaar nie.) Terwyl die beslag bak, maak die sous: Jy benodig: – 1 & ½ Koppie melk – ¾ Koppie suiker – 1/2 Koppie botter Nou maak jy so: – Kook al die bestanddele in ‘n kastrol. – Sodra die Malva-poeding uit die oond kom, steek gate in met ‘n vurk en gooi die warm sous oor. Laat staan tot al die sous ingetrek het. Resep Krediet: Daniëlle Terblanche van Deli-icious Catering.
1 Comment
|