Ouma Rooi Koeksisters - Tradisioneel Suid Afrikaans
  • Tuisblad
  • Vind dit hier!
  • Blog
  • Resepte
  • Meer oor ons
  • Kontak ons
    • Vrae & Antwoorde
    • Verspreiding
  • English

Ouma Rooi Gekeurde Resepte

Daar is miljoene resepte op die internet en in boeke beskikbaar. Die meeste daarvan is sekerlik eetbaar.
Maar min resepte is werklik die sout werd (letterlik en figuurlik).
​Ouma Rooi kén van bak en kos maak. As ons 'n resep keur, kan jy dit gerus probeer. 
Picture

Melktert (Ouma rooi gekeur)

6/22/2022

0 Comments

 
Picture
Soet broskors:
  • 125g botter
  • 125ml suiker
  • 1 eier, liggiesgeklits
  • 500ml meel, gesif
  • 5ml bakpoeier
  • 1ml sout
  1. Verroom botter en suiker totdat mengsel lig en romerig is.
  2. Klop eier in, en roer dan droë bestandele by. Knie liggies.
  3. Plaas in Tupperware houer en seël.
  4. Verkoel vir ongeveer 20 minute.
  5. Rol uit en gebruik om 2 tertborde of 36 kolwyntjiepanne uit te voer.
  6. Verkoel om krimping te voorkom.
  7. Prik bodem met ‘n vurk en bak blind by 200ºC vir 10-20 minute.

Wenk: Om blind te bak: voer die deegdoppe met verfrommelde waspapier uit en vul met droë bone.

​Bak vir 10 minute, lig papier uit, en bak vir verdere 5-10 minute totdat bodem van die dop mooi bruin is. Dit verseker dat die deeg nie onegalig uitpof nie en dat dit sy vorm behou.

Melktertvulsel:
  • 1liter melk
  • 45ml botter / margarine
  • 3 eiers 100ml suiker
  • 25 ml mielieblom
  • 45ml vlapoeier
  • 45ml meel
  • 5ml vanielje
  • kaneel om te besprinkel
  1. Plaas die melk en botter in ‘n kastrol. Bring tot by kookpunt en verwyder van hitte.
  2. Klits eiers, suiker, mielieblom, vlapoeier, meel en vanielje en meng goed.
  3. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die mengsel en skud goed. Voeg mengsel by die warm melk en klits goed.
  4. Plaas oor matige hitte en laat stadig kook totdat mengsel verdik. Roer aanhoudend.
  5. Giet in gebakte tertdoppe.
  6. Strooi kaneel oor.

Resep krediet: boerekos.com
0 Comments

    Kategorie

    All
    Poeding
    Terte

Proudly powered by Weebly
Photo used under Creative Commons from mrpbps
  • Tuisblad
  • Vind dit hier!
  • Blog
  • Resepte
  • Meer oor ons
  • Kontak ons
    • Vrae & Antwoorde
    • Verspreiding
  • English