Ouma Rooi Koeksisters - Tradisioneel Suid Afrikaans
  • Tuisblad
  • Vind dit hier!
  • Blog
  • Resepte
  • Meer oor ons
  • Kontak ons
    • Vrae & Antwoorde
    • Verspreiding
  • English

Ouma Rooi Gekeurde Resepte

Daar is miljoene resepte op die internet en in boeke beskikbaar. Die meeste daarvan is sekerlik eetbaar.
Maar min resepte is werklik die sout werd (letterlik en figuurlik).
​Ouma Rooi kén van bak en kos maak. As ons 'n resep keur, kan jy dit gerus probeer. 
Picture

(Oom Pypies se) PANNEKOEK

7/8/2022

2 Comments

 
Picture
Oom Pypies was meer bekend vir sy romerige roereier, maar nie omdat dit gewild onder die kinders was nie. Sy pannekoek aan die ander kant word gereeld gemaak. In sommige lande eet mense net pannekoek op sekere dae van die week. In ons familie maak ons dit net as dit reën en ek stel voor jy vermenigvuldig die resep want daar is niks so lekker soos 'n koue pannekoek, die volgende dag nie.

Jy benodig:
4 XL/Jumbo eiers
3k Water (750ml)
2k Koekmeel
2t Bakpoeier
1t Sout
25ml Brandewyn/Suurlemoensap
100ml Sonneblom Olie 
Kaneelsuiker: (5ml Kaneel / Koppie Suiker)

Meng alles goed saam. Spuit pan met "Spray&Cook". Wanneer die pan warm is, gooi ongeveer 'so 150ml-200ml van die deeg in en versprei eweredig oor die bodem tot gaar aan die een kant (Die randjie sal begin oplig as dit gaar word). Draai om en bak vir nog so 10 tellings, verwyder van die hitte en sit in 'n groter bak en sprinkel met kaneelsuiker (of vul met 'n gunsteling witsous met spek en kaas).

Vir 'n nagereg kan jy bietjie Kakao in die deeg sit en die pannekoek met roomys vul.

Resep Krediet: Oom Pypies Louw. Die romerige(sagte) roereier het ons as kinders uitge-gross, maar jou pannekoek is 'n wenner. ;-)
2 Comments

Malvapoeding (ouma rooi gekeur)

6/22/2022

0 Comments

 
Picture
​
Jy benodig:
– 2 Eetlepels Botter
– 1 Koppie Suiker
– 2 Eiers
– 1 opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
– 1 Teelepel koeksoda (Bicarb)
– ½ Koppie melk
– 1 Teelepel asyn
– 1 & ¼ Koppie meel
– ‘n Knippie sout
Nou maak jy so:
– Klits die eiers, suiker, botter en appelkooskonfyt saam.
– Klits nou die res van die bestanddele by.
– Bak in die oond teen 180 grade celcius vir 20 – 35 minute.
(Hou die poeding dop. Hy raak vining bruin maar is nie noodwendig gaar nie.)
Terwyl die beslag bak, maak die sous:
Jy benodig:
– 1 & ½ Koppie melk
– ¾ Koppie suiker
– 1/2 Koppie botter
Nou maak jy so:
– Kook al die bestanddele in ‘n kastrol.
– Sodra die Malva-poeding uit die oond kom, steek gate in met ‘n vurk en gooi die warm sous oor. Laat staan tot al die sous ingetrek het.

Resep Krediet: Daniëlle Terblanche van Deli-icious Catering.
0 Comments

Melktert (Ouma rooi gekeur)

6/22/2022

0 Comments

 
Picture
Soet broskors:
  • 125g botter
  • 125ml suiker
  • 1 eier, liggiesgeklits
  • 500ml meel, gesif
  • 5ml bakpoeier
  • 1ml sout
  1. Verroom botter en suiker totdat mengsel lig en romerig is.
  2. Klop eier in, en roer dan droë bestandele by. Knie liggies.
  3. Plaas in Tupperware houer en seël.
  4. Verkoel vir ongeveer 20 minute.
  5. Rol uit en gebruik om 2 tertborde of 36 kolwyntjiepanne uit te voer.
  6. Verkoel om krimping te voorkom.
  7. Prik bodem met ‘n vurk en bak blind by 200ºC vir 10-20 minute.

Wenk: Om blind te bak: voer die deegdoppe met verfrommelde waspapier uit en vul met droë bone.

​Bak vir 10 minute, lig papier uit, en bak vir verdere 5-10 minute totdat bodem van die dop mooi bruin is. Dit verseker dat die deeg nie onegalig uitpof nie en dat dit sy vorm behou.

Melktertvulsel:
  • 1liter melk
  • 45ml botter / margarine
  • 3 eiers 100ml suiker
  • 25 ml mielieblom
  • 45ml vlapoeier
  • 45ml meel
  • 5ml vanielje
  • kaneel om te besprinkel
  1. Plaas die melk en botter in ‘n kastrol. Bring tot by kookpunt en verwyder van hitte.
  2. Klits eiers, suiker, mielieblom, vlapoeier, meel en vanielje en meng goed.
  3. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die mengsel en skud goed. Voeg mengsel by die warm melk en klits goed.
  4. Plaas oor matige hitte en laat stadig kook totdat mengsel verdik. Roer aanhoudend.
  5. Giet in gebakte tertdoppe.
  6. Strooi kaneel oor.

Resep krediet: boerekos.com
0 Comments

    Kategorie

    All
    Poeding
    Terte

Proudly powered by Weebly
Photo used under Creative Commons from mrpbps
  • Tuisblad
  • Vind dit hier!
  • Blog
  • Resepte
  • Meer oor ons
  • Kontak ons
    • Vrae & Antwoorde
    • Verspreiding
  • English