MEER OOR ONS

Hierdie wenresep vir KOEKSISTERS het ek by my ma, Jeanette vd Westhuizen, meestal bekend as Ouma Rooi, geleer en ge-erf. Sy moes dit weer op haar beurt in die veertigerjare by ‘n familielid of vriendin gekry het. Dit was vir haar baie spesisaal en sy het dit vir jare geheim gehou. In haar handgeskrewe resepteboek het sy dit vir ons bewaar. Sy was in die Bronkhorstspruit omgewing bekend vir die heerlike koeksisters by menige troue en basaar. Sy het ook ‘n kerk of twee se sustersfondse daarmee ‘n hupstooitjie gegee.
Haar trots was dat daar geen vreemde geure of smake bygevoeg is nie, die basiese het geseëvier.
Ek haar so af en toe gehelp om te bak en sou nooit kon droom dat ek dit eendag sou gebruik as bron van inkomste nie. Net voordat ek in 1985 aangesluit het by Tuiskoop, Ermelo, (die oudste Kooperatiewe tuisnywerheid in die land), het sy my geleer om dit aantemaak en te vleg. Alhoewel dit vir my so eenvoudig gelyk het wanneer sy staan en vleg, het dit nogals ‘n tydjie geneem voor dat ek die kuns bemeester het. Vandag is dit soos asem haal vir my.
Gou het hierdie koeksisters op Tuiskoop se rakke bekend en gewild geword. Aangesien tuisnywerhede nommers aan lede toeken, het my koeksisters bekendheid verwerf as NO.18 se koeksisters.
Na my ma se afsterwe in 2006 het ek besluit om haar naam te verewig en vereer. OUMA ROOI KOEKSISTERS het die lig gesien. Dit nog dieselfde resep as waarmee sy gespog het.
Die koeksisters het ‘n goudbruinkleur en word goed deurgebak teen ‘n medium temperatuur. Dit het ‘n bros buitekant met ‘n fyn tekstuur en genoeg stroop binne. Aangesien daar nie geursels of smake bygevoeg word nie EN elke nuwe mengsel met vars olie gebak word, brand die stroop nie jou keel of laat dit nie na smaak in jou mond nie. Die koeksisters vertoon mooi blink en is ‘n treffer , warm gebak, verkoel of gevries.

DIE SUKSES VERHAAL VAN OUMA ROOI KOEKSISTERSBAKKERY:

Ek bak hierdie koeksisters al vir die afgelope 29 jaar. In die begin jare in my kombuis op die elektriese stoof. Van 1990-2004 in ‘n bakhuis buite die huis, wat ons spesiaal ingerig het met gasstowe. 2005-2013 in die kombuis van my restaurant, Restaurant D’Vine te Ermelo. TANS by OUMA ROOI KOEKSISTERS, Winkel 2, Engen Sentum, H/v Kerk- en Voortrekkerstraat, Ermelo.
Tot so vyf jaar gelede het ek elke mengsel self aangemaak en gevleg. Met die hulp van net 1 dame in diens wat die bak en verpakking gedoen het. Soos die aanvraag gegroei het, het ek meer dames in diens geneem en opgelei. Ek is nog elke dag in die kombuis met die bakkery, geen koeksister verlaat die kombuis sonder my goedkeuring nie.
Na my suksesvolle deelname en persblootstelling as WENNER van die HULETTS KOEKSISTERKOMPETISIE 2014 te Innibosfees, Nelspruit, het die aanvraag na OUMA ROOI KOEKSISTERS byna verdubbel. Tans het ek 8 dames in diens en bak daagliks 320-400 dosyn per dag vir 5 tot 6 dae per week.

Ek skryf dus die sukses van OUMA ROOI KOEKSISTERS toe aan:
- die beste koeksister resep ooit;
- reklame & blootstelling ontvang tydens en na die HULETTS Koeksister kompetisie 2012 & 2014;
- my passie vir bak;
- persoonlike toesig elke dag;
- die gebruik van hoogstaande bestanddele soos HULETTS Suiker, Snowflake Koekmeel, ens;
- ongelooflike ondersteuning van my kinders, vriende, familie en kliënte;
- volgehoue bemarking, pligsgetroue personeel en die kontinuiteit van The Mail Man wat ons produk na buite dorpe vervoer.